Predikant
Krugersdorp Gemeente is baie gelukkig om tans oor die diens van een voltydse predikant te beskik.
Dr. De Wet en Annerie Saaiman
Dr. De Wet is op 4 Desember 2011 as medeleraar in die gemeente bevestig. De Wet en Annerie tree in 2001 in die huwelik. Hy bedien Queenstown/ Dordrecht kombinasie vanaf 2005 tot 2008 waarna hy ‘n beroep na Durban-Noord aanvaar.
Annerie is die dogter van professor Herrie Van Rooy en is ‘n gekwalifiseerde apteker. Die egpaar het twee seuns en ‘n dogter. Ons wens hulle ‘n geseënde en aangename verblyf in ons gemeente.

Dr. De Wet Saaiman
Wolkbergstraat 11 Noordheuwel
dsaaiman@isat.co.za
+27 72 378 8759
+27 11 954 4775