Geskiedenis

Historiese Oorsig

Lees ons volledige en interessante geskiedenis van voor die oorlogsjare, die depressie, 1933 se droogte, tot die heel resente gebeure tot en met Maart 2013 en nog baie meer deur op Geskiedenis te kliek. Die Gereformeerde Kerk, Krugersdorp is in April 1896 in ‘n skoolsaal op Krugersdorp gestig.
Hierdie stigting was die resultaat van ’n versoekskrif wat Gereformeerde lidmate in die Hekpoort-omgewing in 1895 aan die kerkraad van die Gereformeerde Kerk Rustenburg voorgelê het.
In die versoekskrif het hulle afstigting van ’n selfstandige gemeente bepleit vir lidmate in die Hekpoortomgewing. Die Rustenburgse kerkraad het met die versoekskrif akkoord gegaan en besluit om dit aan die Algemene Vergadering
voor te lê.

Die Algemene vergadering het op 16 Maart 1896 te Heidelberg (Transvaal) byeengekom. Die versoekskrif is behandel en goedgekeur en daar is besluit dat ’n Gereformeerde gemeente op Krugersdorp gestig moes word. Op 25 en 26 April 1896 het Ds. J.de Ridder van Rustenburg en Ds. J. L. Maury van Potchefstroom saam met lidmate van
Hekpoort vergader en is die Gereformeerde Kerk Krugersdorp gestig.

Ds M. Postma is in April 1897 in Krugersdorp verwelkom.