Bedieninge
raak betrokke

Ouderlinge
Ouderlinge is verantwoordelik om na lidmate om te sien en geestelik te versorg
Huisbesoek word gereeld (4 x per jaar) gedoen waar ouderlinge met lidmate gesprek voer oor hulle geestelike welsyn, huislike en gesins- omstandighede, Indien nodig word probleme verder opgevolg en hanteer.
Ouderlinge vergader voor elke nagmaal waar verslag oor elke lidmaat / gesin gedoen word.
Elke ouderling dien ook saam met ander lidmate, in ‘n diensgroep waar die dienswerk in die gemeente beplan en uitgevoer word.
Indien u kontak wil maak en ‘n saak het wat u graag met u ouderling wil bespreek kontak ons by:
skriba@gkkrugersdorp.co.za
Bybelstudie
Die volgende Bybelstudiegroepe funksioneer tans in ons gemeente.
Indien u belangstel om deel te word van een van die volgende groepe kontak ons by:
skriba@gkkrugersdorp.co.za.
Patmos – Janet Du Plooy
Kiepersol – Dr. Wim Vergeer
Blye Boodskap Omgeegroep Br Manie Erasmus sorg vir ons byeenkomste se datums
Mostertsaad – Pieter Coetzer
Aandgroep -Dr.Wim Vergeer
Manna groep – Dr De Wet Saaiman

Diakens
Die in ons gemeente is verantwoordelik vir die liefdesgawes en versorging van die gemeenskap van gelowiges.
Vanaf 2017 funksioneer die Diakens in verskillende diensgroepe.
Kontak asseblief die Herman Venter sel nommer 082 851 1228 of epos
Die prioriteit van ‘n diaken is om die gemeente as gemeenskap van gelowiges saam te laat lewe. Vir hierdie doel moet hulle bewus wees van elke lidmaat se fisiese en geestelike welstand, huislike omstandighede en gereed wees om hulp te verleen wanneer nodig. Verder doen die diakens werk vir die Gereformeerde Kerk se Kinderhuise, Huise vir Bejaardes en dra hulle ook finansieel by vir spesiale projekte waar nood bestaan binne Gereformeerde Kerkverband.
Die Diakonie vergader gereeld om hierdie verantwoordelikhede te bespreek en besluite te neem tot verligting van nood op die verskillende terreine.
‘n Handleiding vir die dienswerk van ons diakens in die gemeente is beskikbaar.
U is welkom om die diakonie te kontak by:
e-pos: skriba@gkkrugersdorp.co.za


Jongmense
Ons jongmense in die gemeente word bedien deur hulle in drie fokusgroepe te verdeel, naamlik, Naskoolse Jeug, Hoërskool Jeug en Laerskool Jeug.
Daar is ook ‘n spesiale bediening vir kleuters (elke Sondag tydens die erediens).
Vir elke groep is daar toegewyde leiers wat daarop fokus om sosiale byeenkomste van enersdenkende Christenjongmense te reël om sodoende in dankbaarheid die genadegawes van Christus te kan ervaar en te geniet.
Verskeie aktiwiteite, uitstappies en ander byeenkomste vind gereeld plaas.
Lees meer oor die aktiwiteite van die Hoërskooljeug.

Susters
Die Susters vervul ‘n belangrike samebindende rol in ons gemeente. Gereëlde maandelikse byeenkomste word gehou in die kerksaal met interessante sprekers, uitstallings en ander relevante en soms uitbundige optredes deur talentvolle lidmate en ander kunstenaars.
Die organisering van elke Sondag se saamkuier, tee en koffiedrink met “popcorn” of ander lekker verversings in die saal word ook deur die Susters hanteer.
Die susters is ‘n belangrike diensgroep wat die saamwees in die gemeente bevorder, na die behoeftiges uitreik, lidmate toerus en nuwe lidmate die geleentheid bied om kennis te maak en in te skakel.
Die Forum vir Seniors
Die Forum is ‘n diensgroep vir senior persone in die gemeente en bied aan elkeen wat wil meedoen ‘n aktiewe program van fisiese sowel as geestelike aktiwiteite.
Daar word datums vir die byeenkomste vasgemaak en seniors kan vroegtydig daarvoor voorsiening maak. Woon gerus die Forum by as jy wil inskakel. Alle seniors is welkom.
Kontak persoon – Leenster Eloff +27 82 577 0066

Buitebedieninge
Ons gemeente se buite bedieninge is gerig op die werk van die volgende diensgroepe:
Die Diensgroep vir Kagiso ( insluitende bedieninge na Buite ) is daar om advies te bedien en leiding tot selfstandigheid te gee.
Indien U by hierdie aksie betrokke wil raak kontak asseblief Cor Faling by sel nommer +27 83 628 8874 of by epos- corf@infokom.co.za.
