Sondag 15 Augustus 2021 |Oggenddiens | Dr Wim Vergeer Skriflesing: Klaagliedere 1-5

Tema: Dag van Verootmoediging voor die Here ons God

Die buitengewone omstandighede in ons land (COVID-19, wetteloosheid, misdaad, geplunder en politieke onsekerheid) het daartoe gelei dat ʼn Dag van Verootmoediging indie GKSA uitgeroep is. Vanoggend gee ons hieraan gevolg deur saam die boek Klaagliedere te lees — ʼn boek wat onder inspirasie van die Heilige Gees geskryf is toe God se mense in Israel ʼn uitermatige droewige tyd beleef het.

Klik op die knoppie hieronder om die nuutste weergawe te lees.

“Ons-Kandelaar is die gemeenteblad wat elke week saamgestel en Sondae aan lidmate uitgedeel word.

Dit word ook op versoek per e pos versprei en is op die web beskibaar. “Ons Kandelaar” gee ‘n kort oorsig van die dag se preke ‘n Huisgodsdiensrooster vir die week en gee die program vir die week.

Gelukwensings en medelye aan lidmate en families word oorgedra. U is welkom om bydraes te stuur aan:skriba@gkkrugersdorp.co.za.

Die Kraaines vir die Kleinspan verskyn eenkeer per kwartaal in “Ons Kandelaar”. Ons het ‘n advertensie blad, die Dopper Shopper wat kwartaalliks verskyn vir lidmate om hulle produkte, besighede en allerlei te bemark en te adverteer. Stuur gerus U advertensie na: skriba@gkkrugersdorp.co.za.